24 dae gelede
Drie gangsters lank mang toe
Joachim “Wrong turn” Dudley  ~ 

DRIE hitmen van die Junior Cisko Yankees-bende (JCY’s) wat drie Uitbuiters vermoor het, is Vrydag tronk toe gepos.

Joachim “Wrong Turn” Dudley, Lungisani “Shabba” Tsetsu en Waldo “Vlekkie” Julies het laas jaar die gemeenskap van Avian Park omtrent getreiter toe hulle die Uitbuiters wou uitroei.

Dit was so erg dat Dan Plato, minister van gemeenskapsveiligheid, tydens die oorlog die Uitbuiters, meestal ’n groep jong laaities, na ’n plek van veiligheid geneem het.

Die vermeende dikding van die Uitbuiters, John Fesanie (21), is van die eerstes wat deur die JCY’s doodgeskiet is.

Charles Januarie (32) en Jubelio Arendse (16) is twee van ses Uitbuiters wat hulle lewe tydens ’n gang fight tussen die JCY’s, Snake Boys en die Uitbuiters verloor het.

Nog ’n Uitbuiter is deur die JCY’s uitgebrand en een van hulle ma’s is ook in haar huis geskiet.

Die speurders van Worcester het dit hulle missie gemaak om die drie vas te trek en het glad van die media gebruik gemaak om hulle te help.

Foto’s van Dudley­, Tsetsu en Julies is deur die polisie uitgestuur nadat hulle gevlug het.

uitgehaal: Jubelio Arendse kon nie JCY’s se bullets es- cape nie.
vermoor: Charles Januarie is ook ’n victim.FOTO’S verskaf
Joachim “Wrong turn” Dudley
Lungisani “Shabba” Tsetsu
Waldo “Vlekkie” Julies
doodgeskiet: John Fesanie is nog een van die JCY’s se victims.
gevaarlik: Die cops moes elke dag in Avian Park patrolleer.Foto: melinda stuurman

Al drie is Vrydag in die Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan moord, die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie en vir die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca­).

Dudley is 22 jaar vonnis opgelê vir moord, tien jaar vir die oortreding van die Poca, agt jaar vir poging tot moord, agt jaar vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en twee jaar vir die besit van ammunisie.

Julies is 20 jaar vonnis opgelê vir moord, tien jaar vir die oortreding van die Poca en agt jaar vir die besit van ’n onwettige vuurwapen.

Tsetse is twee keer ’n vonnis van 20 jaar opgelê­ vir moord, tien jaar vir die oortreding van die Poca, agt jaar vir poging tot moord, agt jaar vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en twee jaar vir die besit van onwettige ammunisie.

Lt.genl. KE Jula, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, het die suksesvolle skuldigbevindings en vonnisse verwelkom.

Jula het die ondersoekspan geloof vir hul toewyding om dié gangsters uit die gemeenskap van Worcester te verwyder.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters