6 maande gelede
Dorpie sit weer Krismishoed op
Witz-warm! Só het mense verlede jaar op die sportterrein kom paap. Foto verskaf  ~ 

TULBAGH. – Dié mooi dorpie trek môre weer sy feesgewaad aan vir die Witzenville Faire 2018.

Die fees word 19:00 amptelik geopen op die Witzenville-sportterrein en duur tot laat.

Dis ’n lekker manier om die feestyd af te skop – en natuurlik die druk besige vrugteseisoen in die vallei – en daar word omtrent feesgevier!

Daar is ’n propvol program vir die aand met baie kunstenaars onder wie Bouncy Sê So, DJ Ice Flake, DJ Global, Mathilda Meraai Thys en ander.

Lekker kosstalletjies en hope pret word by die fees beloof. Kersvader is ook by die fees aan diens. Hy sal gedurende die aand lekkers onder die kinders uitdeel.

Kuier

Bring dus julle komberse, kampstoele en piekniekmandjies en kom kuier saam.

Toegang vir volwassenes is R10, maar dit sluit ’n koeldrank in, asook deelname aan ’n kompetisie waarin groot pryse op die spel is.

Kinders onder 12 kan gratis by die feesterrein ingaan.

  • Kontak Tulbagh Toerisme gerus by 023 2301348/78, besoek tulbaghtourism.co.za of stuur ’n e-pos na admin­@tulbaghtourism.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters