3 maande gelede
Dít is waar sy liefde lê
Passie: Pieter Coetzee voor sy huis, wat hy voor die Wêreldbekertoernooi in ’n All Black-huis wil opdollie. Foto: SAMueL WALTERS  ~ 

RIEBEEK-KASTEEL. – Niemand sal ooit wonder vir watter rugbyspan Pieter Coetzee cheer nie.

Coetzee se liefde vir die All Blacks kom al van kindsbeen af.

Die silwervaring, die haka en die spelers se hardegat vermoë om van agter af in te haal en te wen is die dinge wat Coetzee bewonder.

Hy kan nie wag vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat in September afskop nie.

Omskep

Hy maak selfs sy huis in Vygiestraat daarvoor gereed.

“Ek is nou besig om my hele huis in ’n All Black-huis te omskep.”

Die varing pronk al klaar teen sy muur buite.

Die All Blacks het die toernooi al drie keer gewen en is die enigste span wat dit twee keer ná mekaar gewen het, spog hy.

“Ek is oortuig hulle gaan dit weer vanjaar in Japan wen.”

Coetzee ken die haka uit sy kop en perform dit getrou saam met sy span voordat elke game begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters