26 dae gelede
Diewe kom weg met jare se navorsing
Maties
Die Universiteit van Stellenbosch.  ~ 

MEER as 30 jaar se navorsing is weg na ’n inbraak Sondagaand by die Universiteit van Stellenbosch se departement van Biochemie.

Die diewe het toegang deur ’n dosent se kantoor verkry en twee laptops en talle hard drives gesteel.

Son verneem op van die hard drives was meer as 30 jaar se navorsing gestoor.

Volgens Matie Media was 'n student eerste op die toneel en het hy die voorval by die kampus sekuriteit aangemeld. 

Die sekuriteit het kort daarna op die toneel aangekom en die polisie in kennis gestel.

Na bewering het die diewe ook by van die ander kantore probeer inbreek, maar was nie suksesvol nie.

Sers. Noloyiso Rwexana, 'n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

"Ons kan die voorval bevestig en ook noem dat nog geen arrestasies gemaak is nie."

Dit is ook nog onbekend hoeveel persone moontlik betrokke was.

Intussen sê Martin Viljoen, 'n woordvoerder vir die universiteit, dat hulle nog nie 'n koste aan die diefstal kan koppel nie.

"Ongelukkig was jare se navorsing op die rekenaars en hard drives gestoor.

"Gelukkig is die inligting nie verlore nie, aangesien daar elders kopieë gestoor is."

Hy noem wat gebeur het is wel 'n teleurstelling. "Dit is ook 'n frustrasie oor die misdaad in die land."

"Ten spyte van talle pogings is die universiteit ook, soos in die res van die land, ongelukkig nie gevrywaar van kriminele aktiwiteite nie."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters