7 dae gelede
Dié dienste kort aandag
TYRES SE VYAND: Dié liederlike drade is uit die pad verwyder.  ~ Foto Verskaf

INWONERS van Haw­s­ton wil weet wat van sowat R1,6 miljoen geword het om ’n pad reg te maak.

Een van die inwoners sê die storie van die pad in Pleinstraat wat reggemaak gaan word, kom al jare aan.

Vic Marais praat namens die inwoners en sê hulle betaal net soveel tax soos inwoners in Vermont, Hermanus en Sandbaai.

“In daardie areas word goeie werk gedoen, maar nie in ons area (Haw­s­ton) nie. Die munisipaliteit van Overstrand moes die pad kom upgrade.

“Die mense wat die pad moes regmaak, het bourommel aangery as filling om die pad op te vul.

“Mens kan stukke teëls, glas, draad en spykers in die rommel sien wat gebruik is om die pad reg te maak.

“Verlede jaar is op ’n vergadering gesê R1,6 miljoen gaan gebruik word om die pad reg te maak.

“Ons wil ’n breakdown hê van waarvoor die geld gebruik is. Maar hulle antwoord nie eens nie.

Hoog

“Selfs by Fisher Haven, waar daar geen mense bly nie, is die paaie geteer.”

Voor ’n inwoner se huis is ’n stormwaterpyp ingesit. Dis so hoog dat die inwoners nie daaroor kan ry nie. Nou gebruik die munisipaliteit dit as ’n tipe spoedwal.

Die inwoners kla oor die volgende punte:

  • Die aansluitings waar die nuwe pad met die bestaande grondpad ontmoet, is nie reg nie, want die spoed waarteen die water van bo kom, kan die pad wegspoel;
  • Die spoedhobbels moet nader aan die huise wees en beslis nie waar dit voorheen was nie;
  • Die munisipaliteit moet so spoedig moontlik die straatligte aanskakel;
  • Die munisipaliteit moet sub-soil aan die kant van die pad sit en die slote daar toemaak.

In die somer stink die water in die slote en dit lok insekte. Daar het al kindertjies in daai slote geval.

Marais sê verder: “Daar is geen infrastruktuur soos waterlyne wat direct na ons huise loop nie en daar is nie eens straat­ligte nie.

“Ons het nie sidewalks soos in Vermont, Sandbaai en Hermanus nie. Daar waar mense R10-rates of niks betaal, kry hulle gepave­de paaie en sidewalks.”

Inligting

Inwoners sê hulle kry eenvoudig nie antwoorde nie.

Die Overstrand-munisipaliteit het laat weet hy wag nog vir inligting van die operasionele departement. ’n Antwoord sal later kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters