14 dae gelede
Deputy Mayor aangekla van moord
stellenbosch
LEIERS: Nyaniso Jindela saam met Gesie van Deventer (middel) en Mienie Petersen en onderskeidelik burgemeester en speaker van Stellenbosch.  ~ 

DIE onderburgemeester van die Stellenbosch-munisipaliteit, Nyaniso Jindela, is onder drie verdagtes wat Dinsdag vir moord gearresteer is.

Die inhegtenisneming hou verband met die moord op Cameron Mcako in 2019.

Mcako, 'n voormalige onderburgemeester van Stellenbosch, is op 1 November 2019 in sy Kayamandi tavern raakgeskiet. Hy het twee dae later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Na wat berig word, was die moord polities gemotiveerd.

Kol. Andrè Traut, 'n polisiewoordvoerder, sê die deeglike ondersoekwerk van speurders het tot die inhegtenisneming van 'n twee mans (56 en 48-jaar oud) en 'n vrou (46) gelei.

Die drie verdagtes sal Donderdag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en sameswering tot moord.

Intussen het Albert Fritz, interim-leier van die DA in die Wes-Kaap, bevestig dat hy kennis dra van die inhegtenisneming van Jindela.

Fritz sê: “Die party beskou hierdie bewering as baie ernstig.

“Ons wag op verdere inligting oor die saak en sal later verder kommentaar lewer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters