21 dae gelede
Darling betoog vir huise
darling,protest
Inwoners blok die pad met brandende vullis.  ~ Anele Mfazwe

DIE Weskusdorpie Darling het Vrydag tot stilstand gekom toe honderde inwoners amok in die middedorp veroorsaak het.

Die protesaksie het ongeveer 02:00 begin toe betogers die ingang na die dorp, die R307, met brandende tyres afgesper het.

Die local apteek, ’n bank, ’n drankwinkel en die munisipale geboue in die middedorp is almal gevandaliseer.

Met die polisie se optrede is betogers met rubberkoeëls geskiet.

Die cops het ook skokgranate en traangas gebruik om die betogende inwoners uiteen te jaag.

Archie Mbhele, een van die organiseerders, sê: “Ons eis meer behuisingsgeleenthede in Darling. Die laaste behuisingsprojek in Darling was in 2007.

“Mense is moeg van rent betaal by agterplase waar hulle huidiglik woon.

“Ons wil ook hê die munisipaliteit moet meer werksgeleenthede binne die munisipaliteit skep.

Een inwoner vertel weens die tekort aan werksgeleenthede in die dorp is sy “gedwing om drank te verkoop.”

Swartland Mayor Tijmen van Essen, sê in reaksie: “Behuising is ‘n nasionale en provinsiale funksie. Dis nie ‘n munisipale funksie nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters