2 maande gelede
Damage bly, al is cops vry
court gavel
Die sewe cops is onskuldig bevind.  ~ 

BONNIEVALE. – Sewe cops wat daarvan beskuldig was dat hulle laas jaar in die lockdown duisende rande se drank uit ’n drankwinkel gesteel het, is onskuldig bevind.

Sers. Arno Kuhn, wat daardie aand in bevel was, het gister aan Son gesê hulle het nooit daai aand by die betrokke drankwinkel ingebreek nie.

Kuhn sê hul patrollie is dié dag van die inbraak ingelig.

“Toe ons daar kom, het die guard gesê daar is by die dak ingebreek,” voeg hy by.

Nadat hulle ’n dock­et vir die inbraak oopgemaak het, is sy skof aangekla van die inbraak en die steel van die duisende rande se drank.

“Vrydag moes ons toe hoor die saak is van die hofrol geskrap,” vertel Kuhn.

Respek

Hy sê dit het hulle almal se sak geruk met dié dat hulle law­yers moes aanstel om hul onskuld te bewys.

“Die trauma wat ons moes deurgaan, het ons familie ook geraak. Mense het ook respek vir ons verloor.

“Hoe gaan ons ons name in ere herstel?” wou hy weet.

Baie van die vrygespreekte cops het die hoop uitgespreek dat hulle hul werk gaan terugkry.

Van die polisielede sê dat hulle weens die afdankings hul voertuig verloor het en hulle was nie in staat om behoorlik vir hul onderskeie gesinne te sorg nie.

Kuhn sê hy sal graag wil weet wie agter die “komplot” skuil en hulle in die eerste plek van die misdaad te beskuldig het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters