3 maande gelede
Dag vol pret
lekker: Die kinders geniet die pret. Foto’s: BASIL DAVIDS  ~ 

ASHTON. – Die ding het onlangs behoorlik geruk in dié dorp toe local talent ’n dag van musiek en pret aangebied het.

Die dag het vroeg begin. Mense uit die gemeenskap kon aan die lekker vermaak deelneem.

Die vure het hoog gebrand en braaiers het vleis en wors teen ’n billike prys vir die feesgangers gebraai.

Die kinders kon alte lekker op springkastele baljaar.

Die event is moontlik gemaak deur die Roots Music Institution.

Plaaslike talent soos Renier Pret Kadet het die skare met sy rymkletsery op hulle voete gehad.

Renier het ook onlangs aan Emo Adams se show Maak My Famous deelgeneem.

Hy het in die top 20 geëindig.

Derek Plaatjies, die jong man wat ook onlangs die koerant gehaal het oor hy uit die kloue van dwelmverslawing ontsnap het, het ook opgetree.

Die skoolkinders van die omgewing het ook kom wys wat in hulle steek.

Die geld wat ingesamel is, is aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.

Die organiseerders wil almal bedank wat daar was om deel te neem en te ondersteun.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters