8 dae gelede
Crash oor klip
AFGESKRYF: Só lyk die Toyota Condor ná die ongeluk. FOTO Verskaf  ~ 

’N TWEE maande oue baba is een van vyf mense wat Sondagoggend in ’n ongeluk op die N1 tussen Beaufort-Wes en Leeu-Gamka ernstig beseer is.

Net een kar, ’n Toyota Condor, was betrokke.

Die ongeluk het omstreeks 01:40 plaasgevind.

Die Condor se regter-agterwiel het afgebreek.

Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê daar was nege volwassenes en een baba in die voertuig.

Die polisie, verkeer- en nooddienste was op die toneel om dit te assesseer.

  • In ’n ander voorval is ’n trokbestuurder Sondagoggend dood nadat ’n klip deur die voorruit gegooi is.

Hierdie voorval het op die N1 naby De Doorns gebeur.

SA Long-distance Truck­ers het op hulle Facebook-blad geskryf: “Die Time Link-bestuurder het in die vroeë oggendure afgesterf. In dié moeilike tyd gaan ons harte en gebede uit na sy familie en vriende.”

Na verneem word, was die trok besig om deur De Doorns te ry toe skollies klippe van ’n brug af gegooi het.

Beweeg

Een klip het deur die voorruit gevlieg en die bestuurder getref.

Hy het beheer oor die trok verloor.

Africa het ook dié voorval bevestig.

Hy het gesê: “Iemand het blykbaar ’n voorwerp deur die voorruit van die vrag­motor gegooi.

“Die bestuurder het beheer verloor en van die pad af beweeg.

“Die bestuurder van die trok is dood en die assistentbestuurder is beseer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters