16 dae gelede
Covid-19 tref twee onnies
 ~ 

ROBERTSON. – ’n Egpaar onderwysers hier het Covid-19 opgedoen.

Die onnies is al langer as 30 jaar aan die Hoërskool Langeberg verbonde. Hulle is Woensdag positief getoets vir Covid-19.

Son verneem ook dat dit die eerste twee gevalle by dié skool is waar hulle positief getoets is.

Die skool het die gemeenskap op Facebook hiervan in kennis gestel. Die leerders is gevra om tot verdere kennisgewing tuis te bly.

Son verneem dat die couple in ’n hospitaal opgeneem is waar hulle gemonitor word.

Senuwees

Diegene wat direk met die onnies in aanraking was, sal ook getoets word.

’n Ouer het aan Son gesê sy dogter kry by albei onnies lesse.

“Toe ek van die voorval gehoor het, was ek baie op my senuwees,” het die daddy gesê.

Volgens die pa is sy hele gesin ’n paar maande terug positief vir Covid-19 getoets. Die hele gesin het toe wonderbaarlik herstel.

Vrydag is die hele skool en die klaskamers ontsmet, maar dis nog nie duidelik wanneer die skool gaan heropen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters