2 maande gelede
Couple help haweloses in die sop
voed hulle: Jayden Matthews, Piet Loff, (regs) Angelina en Paul Pienaar. Foto: Basil Davids  ~ 

MCGREGOR. – ’n Getroude couple gaan uit hulle pad om hawelose mense se honger mae te voed.

Paul en Angelina Pienaar ry in hulle bakkie deur die vallei en oral waar hulle hawelose mense op straat sien, stop hulle en gee vir die mense sop en brood.

Volgens die couple het hulle onlangs die idee gekry om terug te ploeg in hulle gemeenskap.

Hulle sê dit is vir hulle ’n riem onder die hart om mense te help wat dit nie breed in die lewe het nie.

Albei is godsdienstige mense en hulle voel hulle is met baie geseën.

“Ons het baie om voor dankbaar te wees en ons moet na ander uitreik,” sê die couple.

Volgens hulle probeer hulle om dit elke week te doen.

Die geld kom uit hulle eie sak en hulle kook die sop ook saam.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters