27 dae gelede
Cops vas na man in aanhouding sterf
 ~ 

TWEE cops is vas vir moord, nadat 'n man in die Moorreesburg-aanhoudingselle gesterf het.

Die twee bloues is Donderdag deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (OPOD) in hegtenis geneem.

Volgens 'n OPOD-woordvoerder, Ndileka Cola, volg die arrestasie van die twee cops op voorlopige bewyse wat aandui dat die twee betrokke was in die slagoffer se dood.

Die slagoffer, Manfred Lewis, is na beweringe deur die cops doodgeslaan nadat hy vroeër die week in hegtenis geneem was.

Hierdie voorval volg kort op die hakke van 'n ander waar 'n man wat daarvan beskuldig is dat hy sy vrou geslaan het homself na bewering in die Khayelitsha-aanhoudingselle opgehang het.

Opod sê hul ondersoek duur nog voort.

Son het voor die lockdown in Maart vanjaar begin het ook berig van 'n man wat in die Wellington-aanhoudingselle dood gevind is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters