HIER aan die begin van die feestyd het die Franschhoek-polisie se misdaadvoorkomingseenheid en die Boland se eenheid vir openbare orde ’n groot slag geslaan en op dwelms afgekom.
Gearresteer
Volgens ’n woordvoerder van die Franschhoek-polisie, sers. Marize Mentoor, het die polisie ’n lasbrief bekom en Maandagoggend op ’n bekende dwelmhuis in Santa Rosastraat toegeslaan.
“Die cops het op ’n groot hoeveelheid dwelms op die perseel afgekom en vier mans is gearresteer vir besit en handel van dwelms.”