12 dae gelede
Cops vang ‘skurk’
HARTSEER: Inwoners is geskok oor die verkragting van ’n agtjarige meisie.  ~ Foto ter illustrasie

WORCESTER. – ’n Jong ou is gearresteer vir beweerde seks­dade met ’n minder­jarige kind.

Volgens ’n bron het die verdagte ’n agtjarige meisie genadeloos verkrag en gesodomiseer.

Die kind se arme ouers is verpletter en staan hul kind in dié donker tyd by.

Die verdagte was Woensdagmiddag alleen met die kind by haar huis toe hy die beweerde dade met haar gepleeg het.

Daar is ook beweringe dat die vuilgat ’n spaghetti-mop gebruik het om die kind te sodomiseer.

Ingetree

Inwoners van die betrokke woonbuurt wou die skurk ná die voorval glo goed gemoker het.

Die cops het ingetree en die 18-jarige klong in hegtenis geneem.

Nog ’n persoon, wat verkies om anoniem te bly, sê die gemeenskap is erg geskok oor die voorval.

In die sosiale media het mense vreeslik hul monde oor die dade uitgespoel. Inwoners is woedend en eis die verdagte moet ontman word.

Son verneem die meisietjie is in ’n hospitaal opgeneem waar sy tans behandeling ontvang.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval en arrestasie van die 18-jarige bevestig.

Volgens Van Wyk het die verdagte reeds ’n hofverskyning gemaak en hy sal weer Woensdag in die hof verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters