12 dae gelede
Cops vang man met ’n klomp aaptwak
IRIE VONDS: Die polisie het ’n Tanzaniër met dagga in sy kar én ’n potjiekospot by sy huis betrap.  ~ Foto Verskaf

ASHTON. – ’n Buitelander is ná ’n wilde jaagtog gefnuik toe hy met die gereg wou kat en muis speel.

Nie net is daar dagga in sy groen Hyundai gevind nie, maar ná verdere ondersoek is daar ook ’n groot hoeveelheid pot in ’n swart nr. 12-gietysterpotjie in sy huis gevind.

AO Sylvester Joseph, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie se B-skof het Vrydagmiddag omstreeks 15:30 die verdagte se kar opgemerk.

Joseph sê toe die cops belangstelling toon, het die bestuurder na die R60 tussen Ashton en Swellendam gejaag met die cops kort op sy hakke.

Afgekom

Dit het omtrent ’n kat-en-muis-speletjie met die cops afgegee, maar die ou is later teen die pad afgetrek.

In die kar het die polisie op ’n sak met saamgeperste dagga in afgekom.

Volgens Joseph is die gewig van die dagga meer as een kilogram.

Die man is in hegtenis geneem en toe geneem na sy huis, waar die cops vir nog dagga gesoek het.

Dis tóé dat hulle die discovery in die potjie maak.

Joseph sê die 25-jarige Tanzaniese burger is aangekla vir die onwettige besit van dagga en hy sal eersdaags in die plaaslike hof verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters