27 dae gelede
Cops skiet ‘rower’ op straat dood
SAT: Dié vermeende rower het op straat gesterf nadat hy glo op die cops losgebrand het.  ~ Foto Verskaf

CERES. – Selfs die snerpende koue en sneeu op die berge hou rowers nie terug nie.

’n Rower het egter Saterdag sy gat gesien toe hy en sy drie makkers se planne om ’n Chinese winkel te beroof, lelik skeefgeloop het.

Voordat die vermeende rowers nog kon vra: “Waar’s die sneeu?” was die cops op hulle om hul bose plan te fnuik.

Twee vermeende rowers het te voet van die toneel gevlug toe dit duidelik word dis nie hul lucky day nie.

In Bergsigstraat het hulle na verneem word op die cops begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en een van die voortvlugtiges is doodgeskiet.

Wild

Volgens ’n ooggetuie het die gebeure soos ’n movie voor hulle afgespeel.

“Ons ken mos nie hierdie tipe van goed nie. Hierdie dinge gebeur mos net in die stad.

“Die rowers het wild aan die skiet geraak en nie eens geworry oor die onskuldige mense in die omtes nie,” vertel die inwoner.

Son verneem toe sy makker doodgeskiet word, het een van die vermeende rowers plat op sy maag gaan lê. Hy is op die toneel gearresteer.

Sakke kontant, waarvan die bedrag onbekend is, is langs hom gevind. Twee mans het egter weggekom en is nog soek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters