7 dae gelede
Cops bederf merts se dag
VONDS: Button-smokkelaars is ’n gevoelige knou toegedien.  ~ Keith Meyer

ZOAR. – Die manne in blou het die laaste tyd behoorlik onder merts en hul drugs ingeklim.

Sers. Glenville Barry en sy skof C-manne het omtrént drugs geoes. Barry-hulle het op R12 000 se drugs beslag gelê wat vir Zoar bedoel is toe ’n blou Opel die drugs vanaf Oudtshoorn na Zoar vervoer het.

Die wakker manne het die voertuig in die Huisrivierpas ingewag. Die voertuig is gestop, deursoek en die Mandrax-tablette is in die voorkajuit van die voertuig gevind.

Twee mans het reeds vir die besit van die buttons in die hof verskyn.

Dié naweek het die plaaslike cops weer ’n duidelike boodskap na smokkelaars uitgestuur.

Hulle het ses persone toegesluit op klagte wat verband hou met die verkoop van dwelms, asook die verkoop van drank sonder ’n lisensie.

AO Jannie Cedras, polisiewoordvoerder, sê: “Daar is twee beplande operasies uitgevoer in Donsonlaan en Mossiestraat. Altesaam 13 Mandrax-tablette en dagga is gekonfiskeer. Bier, wyn en rum is in Mossiestraat gekry.

“Twee persone is ook in Peceurstraat deursoek en daar is op tik-straws en Mandrax beslag gelê. Twee persone is ook vir dronkbestuur aangekeer.”

Samewerking

Volgens Cedras het die cops ’n man (30) onder toejuiging van die gemeenskap aangekeer vir gesinsgeweld waar hy in die bosse in Varkieskloof weggekruip het.

Kapt. Henry Edwards, hoof van sigbare polisiëring, het die gemeenskap bedank vir die samewerking en vra dat meer inligting aan die polisie gegee moet word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters