28 dae gelede
Chaos ná wenk
Forseer: Ene Morné is na bewering geslaan om ’n klomp brandewyn te drink. FOTO’S Verskaf  ~ 

DIE Abrahams-familie van Napier moes die afgelope­ naweek hulle reunion noodgedwonge uitstel toe die polisie se anti-gang unit (AGU) toegeslaan het.

Leslie Abrahams en ag ander mans wat op sy jaart bly, het Vrydag in die vroeë oggendure deurgeloop toe dié eenheid se manne daar opgedaag het, vertel Abrahams se meisie, Samantha van Niekerk.

“Hulle het ons deur oopgebreek en gesê hulle reageer op ’n wenk dat daar dwelms en guns op die perseel is.”

Sy sê daar was 12 mense op die perseel, onder wie drie besoekers. Vier mans woon in ’n wendyhuis agter die hoofhuis.

“Hulle het die huis deursoek, maar niks gekry nie. Wat my so ontstel, is dat hulle my kêrel en die manne op die jaart voor my twee dogters (4 en 2) aangerand het.

“Hulle het die mans met pikstele, hamers en grawe geslaan. Hulle het ook die grawe teen hulle nek gedruk.

“Ek dink dit is onmenslik om mense só te behandel. En die manier hoe die polisievroue met ons gepraat en ons goed uit die fridge gegooi het, was baie ongeskik.”

Die AGU het na bewering ook die mans gedwing om die drank wat vir die reunion aangekoop is, on the spot te drink.

Van Niekerk sê daar was al vantevore raids by hulle huis.

“Almal sê altyd hulle het ’n tip-off gekry. Ons verkoop vleis, polonie en groente. Ons verkoop ook motors en maak karre reg.”

Sy sê sy weet nie waar die storie van dwelms vandaan kom nie.

Al die mans het intussen sake van aanranding teen die AGU gemaak. Die reunion is tot verdere kennisgewing uitgestel om die gesin ’n kans te gee om die deure en ander goed reg te maak wat in die operasie beskadig is.

Sers. Noloyiso Rwexana het Son se navrae na die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) verwys, maar Opod was nie beskikbaar nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters