2 maande gelede
Sendingdorpie in brand verwoes
Wupperthal
Sowat 200 is dakloos na die brand
Wupperthal
Die brand het glo in die berg ontstaan en versprei na die dorp.
Wupperthal
Die kliniek en gemeenskapsaal is ook in die brand verwoes.
Wupperthal
Helen Zille, Wes-Kaapse Premier, het die gebeure in die Cederberg dorpie as ‘n tragedie bestempel.
Wupperthal
“Die telekommunikasie-infrastruktuur is heeltemal vernietig en daar word staat gemaak op kommunikasie deur nooddienste,” sê Wilfred Solomons-Johannes van die Stad Kaapstad.
Wupperthal
Hierdie is klaarblyklik die ergste ramp in die geskiedenis van die sendingdorpie.

ONGEVEER 200 mense is dakloos en tientalle huise verwoes in ‘n brand in die geskiedkundige Wupperthal-dorpie.

Die brand het omstreeks 17:00 in die berg uitgebreek en versprei na die sendingdorpie.

Die Morawiese sendingstasie, die kliniek, gemeenskapsaal en die pastorie is ook in puin gelê.

Helen Zille, Wes-Kaapse Premier, het die gebeure in die Cederberg dorpie as ‘n tragedie bestempel.

Sy voeg by: “Die betrokke provinsiale departemente is aktief besig om die ramp te bestuur en met noodingryping verligting te bring.”

Volgens Wilfred Solomons-Johannes, van die die Stad Kaapstad, is dit moeilik om kontak te behou en inwoners in Wupperdal te bereik.

“Die telekommunikasie-infrastruktuur is heeltemal vernietig en daar word staat gemaak op kommunikasie deur nooddienste.”

Hierdie is klaarblyklik die ergste ramp in die geskiedenis van die sendingdorpie, sedert 1830, aldus Solomons-Johannes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters