6 maande gelede
Brand in shack eis een man
AAKLIG: Brandweerpersoneel blus ’n brand in ’n shack waar ’n man doodgebrand het.  ~ Basil Davids

ASHTON. – ’n Ongeïdentifiseerde persoon het vroeg Maandag in ’n shack doodgebrand.

Die polisie ondersoek steeds die oorsaak van die brand.

Die brand het omstreeks 07:00 in Zolani in die Nkandla settlement uitgebreek.

Inwoners wat naby die shack woon, beweer dat die persoon die vorige aand vuur in ’n blik gemaak het.

Die persoon het toe na be­wering later die aand die blik, wat nog vol kole was, by die shack in geneem vir hitte.

Die kole is toe nooit later geblus nie.

Daar is ook beweringe dat die slagoffer weens rookinaseming dood is.

Nuuskierigheid

’n Polisiebeampte was die oggend van die voorval besig om in Nkandla te patrolleer toe hy sien die shack is in ligte laaie.

Die brandweer is onmiddellik ontbied en die vlamme geblus.

’n Groot groep omstanders het uit nuuskierigheid kom kyk wat aangaan.

Nadat die brand heeltemal geblus is, het die brandweerpersoneel ’n uitgebrande liggaam onherkenbaar vermink op ’n bed gevind.

Daar was geen ander slag­offers in die shack nie.

AO Sylvester Joseph, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig ’n brand het in Micholi-straat in Zolani uitgebreek.

Joseph sê verder die liggaam van ’n onbekende persoon is na ’n morgue geneem vir ’n nadoodse ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters