5 dae gelede
Brand eis man se lewe in Paarl
Vlamme
n Man is in die brand dood.  ~ Foto ter illustrasie

'N MAN is Sondagaand in 'n brand in die Joe Williams-informele nedersetting in die Paarl dood.

Die Drakenstein-munisipalitiet se brandweer- en reddingsdienste het om 23:35 'n oproep ontvang en het daarin geslaag om die brand vinnig onder beheer te bring.

Die munisipaliteit deel sy medelye met die familie en geliefdes van die oorledene en staan die gesin by met hulp.

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters