3 maande gelede
Brand eis man en vrou op plaas
vlamme, brand, brande,
 ~ foto ter illustrasie

'N BRAND op 'n plaas het die lewens van 'n man en vrou geëis.

Die voorval het op die plaas Middelpos op die Hasekraalpad naby Wellington gebeur.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die brand het glo gemaak dat die pype van die geyser gesmelt het, waarna die water dit geblus het.

Die man en vrou is aan rookinaseming in hul slaap dood.

Hul 21-jarige dogter was gelukkig nie tuis nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters