Verlede maand
Brand eis 6, insluitende 3 kinders
brand
Brand eis ses lewens  ~ astrid februarie

SES mense insluitend drie kinders - 'n baba, 'n eenjarige seuntjie en 'n drie-jarige meisie - is Vrydagoggend dood toe die hok waarin hulle woon in Chicago in die Paarl vlam gevat het.

Inwoners van Kudu-straat, waar die brand omstreeks 08:00 uitgebreek het, vertel die brand het by die hok begin en na die woonstelle beweeg.

Met Son se aankoms op die toneel was die lyke van die oorledens reeds van die toneel verwyder.

Kapt. F.C. van Wyk, 'n provinsiale polisiewoordvoerder, sê: "Die identiteit van die liggame is nog nie bekend nie."

Son verneem wel dit is na bewering twee mans, 'n vrou, die baba en die twee kleuters.

Van Wyk noem dat die oorsaak van die brand is nog onbekend en word ondersoek.

Intussen sê Riana Geldenhuys, woordvoerder vir Drakenstein-munisipaliteit, 'n onbepaalde aantal mense is beseer of dakloos gelaat nadat 'n brand in die vroeë-oggendure uitgebreek het.

Conrad Poole, burgemeester van Drakenstein, betuig ook sy medelye met die geliefdes van die ses slagoffers van die brand.

"Die munisipaliteit sal alles binne hul mandaat doen om die wie deur die brand geraak is te help," aldus Poole. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters