Verlede maand
Botsing eis pa van pap baba
opgevou: Die Golf GTI is ’n wrak.FOTO’S VERSKAF  ~ 

ROBERTSON. – Drie mense het Saterdag in ’n tragiese ongeluk op die Robertson-Worcester-pad gesterf.

Onder die oorledenes was ’n jong traffic cop, Ruhan “Douwtjie” Douw (30).

Volgens Ruhan se bedroefde ouers, Felicity en Jannie Douw, was Jannie Saterdag by die begrafnisdiens van ’n goeie vriend van hom toe hy die tyding kry dat Ruhan, sy girlfriend, Mehandre Matthys, en hulle baby van 10 maande in ’n ongeluk was.

“Ek en my dogter het toe na die toneel gery, maar toe ons daar stilhou, wou die polisie nie hê ons moes hulle sien nie,” het Jannie in trane gesê.

Volgens Jannie het die cops op die toneel hulle kalm gehou. Nadat alles opgeklaar was, is Jannie toegelaat om sy seun te gaan uitken. Ruhan is op die toneel dood verklaar.

Volgens Jannie was Matthys (20) in die Golf GTI vasgekeer. Sy moes met die jaws of life uitgesny word.

Ontsteld

Hulle dogtertjie, Zarah, se veiligheidstoeltjie is weens die impak uit die kar losgeruk. Dit het buite die wrak gelê.

Paramedics het haar behandel.

Jannie en Felicity het gister gesê hulle is baie ontsteld oor die negatiewe goed wat mense oor Ruhan se dood op social media geplaas het.

Nog twee mense was by die ongeluk betrokke.

Gister teen druktyd was hulle name nog nie bekend nie.

Jannie het die cops bedank vir hulle uitstekende diens en bystand.

Mehandre en Zarah was gister nog in die hospitaal.

Ma en dogter is albei reeds buite gevaar.

tragedie: Ruhan Douw, sy girlfriend, Mehandre Matthys, en hulle baby, Zarah.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters