21 dae gelede
Boom val op crèche se dak
genade! Die gevalle ou boomreus verdwerg die skool.  ~ 

ATLANTIS. – ’n Reuseboom is Vrydag deur sterk wind ontwortel.

Dit kon in ’n tragedie ontaard het toe die ou bloekomboom op ’n crèche se dak beland het.

Die Luberon Kleuterskool, wat in die Hartebeeskraal se Thu­song Sentrum is, het groot skade gely toe die massiewe boom deur die dak geval het.

Gelukkig was dit buite skoolure en die kinders was reeds veilig by hulle ouerhuise.

Skuif

Die skoolhoof, Felicity Lambert, sê sy het so 20:00 ’n oproep van ’n ouer gekry dat die boom op die dak lê.

Lambert vertel: “Die skool het 58 kinders en moet nou noodgedwonge skuif oor dit te onveilig vir die kinders is.”

Rdl. Allister Lightburn het die verskillende departemente van die Stad gebel om aan die skool dringende bystand te verleen.

Dit is tans onseker waar die kinders sal gaan, maar Light­burn sê hy het met rdl. Barbara Rass gepraat dat die leerders verskuif moet word oor hulle veiligheid belangrik is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters