15 dae gelede
Boeties weer veilig tuis
lynice adriaanse,lionel visser
Lynice Adriaanse en Lionel Visser gesels met Son, enkele ure voor hul 8 en 11-jarige seuntjies gevind is, nadat die twee boeties Vrydag net verdwyn het.  ~ Astrid Februarie

DIE twee boeties van Klapmuts, wat sedert Vrydag vermis was, is veilig by die huis.

Son het Maandag omstreeks 20:00 die nuus ontvang dat Brian en Leshwin Adriaanse gevind en veilig is.

Volgens inligting ontvang was die 8-jarige Brian en 11-jarige Leshwin by hul ouma se woning in Ravensmead. Dit is nog onduidelik hoe die twee by hul ouma opgeeindig het.

Die boeties het Vrydagmiddag verdwyn nadat hulle vir hul ma se ouma gesê het hulle gaan hul ma, Lynice Adriaanse, by die winkel kry.

Adriaanse het Maandag aan Son vertel dit is nie waar hulle vir haar gewoonlik sou wag na werk nie.

Sy was al by die huis toe sy hoor die twee het vir haar gaan wag by die winkel.

Toe die twee na 'n tyd nie by die huis opdaag nie het sy bekommerd geraak en na hulle begin soek. Die twee is later by die polisie as vermis aangemeld.

Familie en vriende en ook heelnaweek en Maandag na die twee gesoek.

Lees ook Dinsdag in Son die onderhoud met die mammie van die twee seuntjies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters