20 dae gelede
Bloues soek hulp om lyk uit te ken
GEVIND: ’n Ontbinde lyk is in Paarl gevind.  ~ Foto ter illustrasie: Netwerk24

DIE polisie in die Paarl soek die publiek se hulp om die identiteit van ’n ontbinde lyk wat in die bosse gevind is, vas te stel.

Die onherkenbare lyk is Dinsdag in die bosse naby Westhovenstraat deur ’n verbyganger gevind.

Die verbyganger het agter die stank geloop toe hy die ontdekking maak.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, is die lyk onherkenbaar en was daar niks wat die persoon se identiteit kon verklap nie.

’n Nadoodse ondersoek is geopen.

“Enige een met inligting kan die polisie in die Paarl bel by 021 807 4139 of die ondersoekbeampte by 079 894 1706.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters