Verlede maand
Binne-toilette ’n holle belofte
Inwoners van Montagu maak steeds gebruik van buite-toilette.  ~ Foto ter Illustrasie

MONTAGU. – Mense wat al jare van buite-toilette gebruik maak, wag tot op hierdie uur steeds vir hulle binne-toilette.

Son het twee jaar gelede berig dat Bonginkosi Madikizela, die vorige minister van behuising in die Wes-Kaap, beloof het dat hy die huise in Strydomstraat sal opknap. Mense sal dan ook die voorreg hê om toilette in hulle huise te hê.

Dit was net leë beloftes.

Antie Sophia Brown, wat al jare in haar eenvertrek-huisie woon, sê die dag toe die minister hulle kom beloof het dat hy hulle huise sal laat opknap, was sy baie in haar noppies.

Raakgesien

Steeds wag sy vir daai dag wanneer sy vir die eerste keer in haar huis kan nommer 1 en 2.

Daardie spesifieke dag met die minister se besoek was inwoners bly dat hy hulle omstandighede raakgesien het.

Die minister, tesame met Montagu se mayor, Henry Jansen, en hulle geselskap het nog opnames gemaak van wat aan die huise gedoen gaan word.

Susan Burger sê dat die inwoners nou moed opgegee het en dat hulle vir poppe gevat is.

“Dis amper al drie jaar terug, en niks het nog gebeur nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters