9 dae gelede
Bevordering van Afrikaans lei tot toekenning
ATM
Die wenners van vanjaar se Neville Alexander-prestige-eerbewyse vir die bevordering van Afrikaans.  ~ Verskaf

VANJAAR word die Neville Alexander toekenning vir die bevording van Afrikaans gedeel.

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het aangekondig dat Gaireyah Fredericks en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) die wenners van die toekenning is.

Michael Jonas, direkteur van die ATM, sê die toekenning is 'n poging om erkenning te gee aan onbesonge helde van Afrikaans en om taalprojekte te bevorder.

Die Neville Alexander-toekenning is vernoem na die bekroonde taalkundige, aktivis, opvoedkundige en akademikus, wie in 2012 oorlede is.

Hy het hom sterk bewyer vir veeltaligheid en moedertaalonderrig.

Fredericks is 'n aktrise en skrywer en onder haar inisiatiewe is moedertaal-werkswinkels vir skeppende skryfwerk. Sy het ook 'n formele mentorskap-program en bevorder die taal onder Moesliem-sprekers. Van haar ander inisiatiewe is pogings om jong skrywers aan literêre feeste bloot te stel. 

In 'n verklaring sê die ATM: "Fredericks het ’n rolmodel vir baie geword en dra by tot die viering van die taal se skoonheid en nalatenskap."

Intussen is prof. Michael le Cordeur, van die Universiteit Stellenbosch, ook vir sy lewenslange bydra aan die Afrikaans taalgemeenskap vereer.

Die wenners het elk ’n sertifikaat en prysgeld ter waarde van R20 000 ontvang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters