15 dae gelede
Betogers eis skorsing van hospitaal staff na rape
stellenbosch
Betogers buite Stellenbosch-hospitaal  ~ EWN

BETOGERS het Vrydag buite Stellenbosch-hospitaal byeengekom en die skorsing van hospitaalpersoneel geeis.

Dit volg na die verkragting van 'n tienermeisie, na bewering deur 'n pasiënt by die gesondheidsinstelling.

Son het vroeër die week berig oor die tiener wat verlede maand seksueel aangerand is in die psigiatriese afdeling.

Prof. Nomafrench Mbombo, die Wes-Kaapse minister van gesondheid, het Donderdag met die hospitaalbestuur vergader en daarna bevestig dat haar departement en die polisie die verkragting ondersoek.

Intussen sê Bianca Booysen, 'n gemeenskapsaktivis dat hulle 'n lys eise aan die hospitaalbestuurder oorhandig het.

"Die seun moet verwyder word, asook die eenheid en hospitaalbestuur en die betrokke personeel en veiligheidswag." - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters