Verlede maand
Bergies kry bierplesier
BROEKSKEUR: Piet Smith en Anna Lawack spog met hulle slaggie.  ~ Basil Davids

ASHTON. – Bergies het nie die einde van hulle vreugde geken toe hulle hier in die lockdown op ’n paar biere afgekom het nie.

Volgens die mense wat in die bos tussen Robertson en Ashton woon, het hulle die paar biere op ’n legal manier in die hande gekry.

“Ons het nie die biere en kratte op die swartmark gekoop nie. Nee. Ons het dit op ’n vullishoop opgetel,” spog hulle.

Volgens Anna Lawack het hulle by ’n dumping site gaan krap soos hulle maar elke dag van hul lewe doen. En bingo! Daar kry hulle die bier.

Son het hulle aangetref onder ’n boom waar hulle elkeen met ’n lang bier sit en keel natmaak.

Lawack sê haar boyfriend Piet Smit het afgekom op die drie kratte bierbottels.

Lawack sê: “Piet het geskreeu ek moet kom kyk. Ek het my liefie op die kop gesoen van blydskap.”

Vol

Volgens Smit het hy die leë bottels een ná die ander uitgehaal. In ’n ander krat was daar ’n bottel wat nog halfvol was.

“Toe ek van die ander bottels uithaal, was daar drie bierbottels vol,” sê hy heel in sy noppies.

Die twee lovers meen dat die weggooier seker nooit gecheck het wat in die kratte aangaan nie.

Hulle voeg gou by hulle gaan hul klein Lotto jackpot met niemand deel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters