Verlede maand
Berge by Paarl in vlamme
Vlamme by die Hugenote-tonnel.  ~ Facebook

’N BRAND rondom die Du Toitskloofpas naby die Paarl het al byna 6 000 hektaar gemengde fynbos vernietig en woed buite beheer, het die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Saterdagoggend gesê.

Dit het Dinsdag begin en brandbestryding word bemoeilik deur die warm weerstoestande.

Jo-Anne Otto, munisipale woordvoerder, sê die temperatuur van 40°C bevorder die brand se verspreiding en kan die spanne op die grond laat ontwater en tot uitputting lei. Die Hugenote-tonnel was gister gesluit vir verkeer.News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters