Verlede maand
Bejaarde vermoor
Joan Joyi  ~ Foto Verskaf

’N BEJAARDE vrou van Charleston Hill in Paarl-Oos is Woensdagaand in haar huis vermoor.

Joan Joyi (83) en haar oppasser (57) is in Joyi se huis in Elriche-singel oorval.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is die vroue in die huis vasgemaak.

“Twee verdagtes het toe die huis vir waardevolle items deursoek.

“Hulle het twee selfone, ’n flatscreen-TV en ’n naaimasjien gevat.”

Gewurg

Na wat verneem word, het Joyi die deur vir twee mense oopgemaak wat aan haar bekend was.

Sy is met ’n tou verwurg.

Nadat die barbare die toneel in ’n voertuig verlaat het, het die oppasser dit reggekry om haar los te wikkel en die paniekknoppie te druk.

Die sekuriteitsdienste is toe geaktiveer en die polisie is laat kom.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters