Verlede maand
Behuising binne 4 jaar hier
Tertius Simmers  ~ Foto Verskaf

DRIE behuisingsprojekte - twee in die Paarl en een in die Breedevallei - vorder goed en behoort binne die volgende vier jaar voltooi te wees. 

Die projek in Transhex in die Breedevallei gaan 3 226 gemengde behuisingsgeleenthede oplewer, 4 plekke van aanbidding, plek vir 'n primêre skool en ses besigheidspersele.

Die projek is tans in sy eerste fase en behoort teen 2022 voltooi te wees.

Die Dal Josaphat- en Vlakkeland-ontwikkelings gaan saam meer as 4 600 gemengde behuisingsgeleenthede oplewer. Vlakkeland sal teen 2023 voltooi wees en Dal Josaphat teen 2024.

Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van menslike nedersetting, het amptenare van die departement en kontrakteurs geloof vir die vinnige pas waarteen hulle werk.

Simmers het Maandag saam met die burgemeesters van die Breedevallei- en Drakenstein-munisipaliteite en ander mayco-lede die projekte gaan besoek.

Simmers het ook alle rolspelers, insluitend die munisipaliteit, gevra om sy kommunikasie te verbeter oor die vordering van die projekte.

"Sodat alle partye asook die gemeenskappe ten volle ingelig is van die korrekte inligting en die administrasieproses vir begunstigdes," sê hy.

"Ons maak wel goeie vordering, maar ons agterstand groei steeds te midde 'n stygende bevolking en krimpende begroting. Dit is daarom krities dat ons daarop fokus om innoverende en kreatiewe maniere te vind om ons begroting te vergroot," sê Simmers.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters