17 dae gelede
Begunstigdes kry geen antwoorde
MOEG GEWAG: Tasneem Gallow sê sy verstaan nie hoekom hulle nie hul huise se sleutels kan kry nie.  ~ Basil Davids

MCGREGOR. – Huise van begunstigdes hier word amper elke dag gevandaliseer.

Tikkoppe is glo hiervoor verantwoordelik.

Altesaam 11 begunstigdes het onlangs­ ’n hofsaak teen die Langeberg-munisipaliteit gewen­ oor die nuwe behuisingsprojek van miljoene rande in die White City-woonbuurt.

Die mense het toe ’n brief van Tertius Simmers, LUR vir behuising in die Wes-Kaap, ontvang waarin duidelik uiteengesit is dat die 11 begunstigdes in hul huise moet intrek.

Munisipaliteit

Die mense moes al 15 Desember by hul nuwe huise ingetrek het, maar het tot op hierdie uur nog nie die keys van hul wonings ontvang nie.

Die mense sê hulle weet nie wat die haakplekke is nie.

Tasneem Gallow, ’n begunstigde, sê niemand by hul munisipaliteit kan hulle inlig waarom hulle nog nie die sleutels van hul huise gekry het nie.

“Ons almal is stomgeslaan en niemand kan vir ons antwoorde gee nie,” vertel ’n ontevrede Gallow.

Nog ’n begunstigde, Beny Small, sê die huise wat aan hulle toegeken is, word nou omtrent elke dag verniel.

“Daar is nie meer plugs in die huise nie en die badkamers se krane en wasbakke is ook al uitgebreek. Tot op die toiletpapier se roller is ook missing.

“Ál die huise se vensters is uitgehaal en sommige is flenters gegooi.

“In die huise is dit een groot gemors soos vandale sommer van die huise ’n toilet van maak,” vaar Small uit.

JJ Januarie, die wyksraadslid, sê hy het reeds die mense se klagtes in ’n raadsvergadering opgehaal.

Die woordvoerder vir die Langeberg-munisipaliteit, Willy-John Gordon, het ontvangs vanSonse navraag oor die kwessie erken.

Hy het egter versuim om kommentaar oor die saak te lewer.

VERNIEL: Dié huise is volgens begunstigdes easy teikeins vir tikkoppe. Foto: Basil Davids

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters