25 dae gelede
Beampte sterf toe bakkie rol
worcester
'n Band van die bakkie het na bewering gebars, waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.  ~ 

WORCESTER. - 'N SEKURITEITSBEAMPTE is opslag dood, nadat die bakkie waarin hy was gerol het.

Die tragiese ongeluk het Vrydagoggend omstreeks 08:00 op die N1 naby Shell Ultra in Worcester plaasgevind.

Son verneem dat die band van die bakkie gebars het, toe die beampte beheer oor die voertuig verloor het. Hy is uit die bakkie geslinger en het in die veld beland.

Dit wil voorkom of die wag kopbeserings in die voorval opgedoen het, en op die toneel dood is.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie en die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters