14 dae gelede
Bandiete gou terug in tjoekie
Vas: Ál die verhoorafwagtendes wat Vrydag in Malmesbury ontsnap het, is weer in die tronk.Foto: Jonathan Lestrade  ~ 

SWARTLANDERS kan weer rustig slaap noudat ál die gevangenes wat Vrydag uit die Malmes­bury-tronk ontsnap het, terug agter tralies is.

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het gister ál die rolspelers in die manhunt na die ontsnaptes geprys en bedank.

Altesaam 69 verhoorafwagtende gevangenes het Vrydagmiddag uit die Malmesbury-tronk ontsnap.

Afgevat

Delekile Klaas, die DKD se streekkommissaris, het gesê die gevangenes het die bewaarders Vrydag 12:45 skielik oorrompel.

“Hulle het die sleutels by hulle afgevat en drie van hulle in ’n sel toegesluit voordat hulle ander selle oopgesluit en deur die hoofingang en oor die dak ontsnap het.”

Nege bewaarders het gedurende die ontsnapping ligte beserings en kneusplekke opgedoen.

Lamola sê die ontsnaptes is almal binne 76 uur weer in hegtenis geneem.

Van die probleemgevangenes sal nou na maksimum-sekerheids­tronke in die streek oorgeplaas word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters