20 dae gelede
Arms is afgekap
VOL STORIES: Brian Mudyiwayana gaan volgens sy lawyer later getuig oor hoe die slagoffers se body parts verwyder is.  ~ Basil Davids

SWELLENDAM. – Body parts van die vermeende reeksmoordenaar se slagoffers is glo afgekap en hul organe is uitgesny en weggeneem.

Dít is wat gister hier in die rondgaande hof uitgekom het.

Brian Mudyiwayana se law­yer, Omar Arend, het aan die hof gesê ’n getuie gaan nog oor dié dinge kom getuig.

Gister het ’n cop kom getuig hoe hy in 2019 een van die lyke langs die N2-snelweg naby die dorp gesien het nadat mense op die oorskot afgekom het.

AO Kolani Tshangela het aan die hof gesê dat hy die onbekende lyk as dié van ’n vrou uitgeken het.

“Ek het ’n diep wond agter haar kop gesien. Dit wou voorkom asof die vrou met ’n panga gekap is,” het Tshangela getuig.

Volgens Tshangela het dit ook gelyk asof daar ’n struweling op die moordtoneel was.

Tshangela het getuig die polisie het Mud­yiwayana ’n dag ná die moord by die winkel­sentrum in die dorp ingewag.

Die cops het inligting ontvang wat Mudyiwayana moontlik met die moord kon verbind.

Regte

In daardie stadium het die cops nie geweet wie die slagoffer is nie.

Tshangela sê hy het Mudyiwayana in Engels ondervra en sy regte aan hom voorgelees.

Mudyiwayana het in sy verklaring gesê twee vroue is verantwoordelik vir die moord waarvan hy verdink word.

Hy het die twee vroue se name aan die hof genoem, maar kon nie hul van verskaf nie.

Tshangela sê die polisie het die twee vroue in Asla Park in Swellendam opgespoor en vir ondervraging ingebring, maar is later vrygelaat.

Arend het aan die hof gesê dat sy kliënt in sy verklaring gelieg het omdat hy in daardie stadium, tydens die onderhoud, nie op sy gemak gevoel het nie.

Tshangela sê hy het Mudyiwayana oor die moord gevra en dié het net gesê hy het geweet die twee vroue gaan haar doodmaak en hy sal later ’n volledige verklaring hieroor aflê.

Ná die teepouse het die suster van een van Mudyiwayana se slagoffers die hof binnegekom om haar getuienis te kom lewer.

Retha Mafata, ouer suster van die vermoorde Moleboheng Mafata­, het aan die hof vertel dat Mudyiwayana haar suster ’n werksgeleentheid aangebied het.

“Hy het gesê dat hy vroue soek om by gastehuise in die Kaap te gaan werk,” het sy getuig.

Volgens Retha het haar suster ingestem.

Sy is toe een Saterdag saam met Mudyiwayana daar weg.

Retha sê sy het haar suster nooit weer daarna gesien nie.

Saak

Volgens haar is haar suster destyds ook as vermis aangemeld.

Haar oorskot is eers later opgespoor.

Retha het bygevoeg haar suster het Mudyiwayana destyds as “Lenoz” aan haar voorgestel.

Die saak is tot volgende Donderdag uitgestel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters