Verlede maand
Arme vrou is óp van charming Ethiopiër
Worry glo niks: Kafela Markos doen glo sy ding in talle dorpe. FOTO verskaf  ~ 

VROUEDAG was vir haar g’n plesier nie. Sy het dit selfs oorweeg om ’n einde aan haar lewe te maak.

Só sê Claudine Jaars (28) van Eendekuil nadat haar boyfriend van agt maande haar soos ’n warm patat gelos het.

Sy sê die ou het haar lewe verwoes.

Jaars erken sy het gou vir Kafela Markos (31), ’n Ethiopiër, se charm geval.

Sy het vas geglo hy het haar lief en gee vir haar om.

Sy vertel: “Ek was al voorheen in ’n abusive verhouding en Kafela het my laat goed voel.

“Van buite af was hy ’n nice ou, maar ek het nie geweet hy is gevaarlik en siek nie.

“Hy het by my ingetrek, maar hy het nie tyd gehad vir my kind nie en ek moes net reg staan vir hom.

“Hy het my seksueel misbruik en my die vieslikste goed in die bed laat doen. Hy het my styles geleer waaraan ek nie gewoond was nie.

“Hy is baie besitlik en jaloers en het my sommer so voor ander vroue geslaan.

“Hy travel van die een plek na die ander en werk in huiswinkels. Van dié winkels se eienaars het vir my gesê hy besteel hulle.

“Dan is hy in Vredenburg, dan in Wolseley, Ceres en ander plekke waar hy in winkels werk.

“Hy het my laas Dinsdag gebel om te sê ek moet tot by hom in Wolseley kom, maar toe ek daar kom, was hy skoonveld. Ek moes toe slaapplek soek.

“Ek het hom toe gebel en gesê ek gaan hom in die koerant expose vir wat hy is. Toe stuur hy vir my ’n klomp lelike SMS’e.

“In een SMS noem hy my oud en lelik en sê hoe lekker hy die vroue in Langstraat in die stad steek.

“In nog een sê hy ek is net goed dat elke man my kan opklim en dat hy my klaar abuse het en my ‘p**s nou oop is’ en ek myself moet ‘suig’, want hy’s klaar met my.”

Son het dié boodskappe onder oë gehad.

Jaars sê dit het haar sielkundig geknak en sy het nog selfmoordneigings. Maar dié dapper vrou wil ook vroue waarsku teen sulke misbruikers.

Markos sê by navraag: “Ek worry nie wat sy (Jaars) sê nie. Sê vir haar ek is klaar met haar. Sy moet vir haar ’n man kry wat haar verstaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters