5 maande gelede
Appèl-plan duik in hek
MISLUK weer: Nigel Plaatjies (links) en sy oom Johannes.Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

NIGEL Plaatjies en sy uncle Johannes se tweede aansoek om appèl teen hulle vonnisse het ook misluk.

Nigel wou kapsie maak teen sy vonnis, terwyl Johannes teen sy skuldigbevinding én straf wou appelleer.

Die appèlhof in Bloem­fontein het dit van die hand gewys.

Nigel en Johannes is op 4 Desember 2017 reeds skuldig bevind aan die moord op Winnie Rust. Hulle het die Wellingtonse skrywer op 11 Mei 2016 in haar huis vasge­bind en haar verwurg of ver­smoor.

Gedien

Daarna het die twee ’n bran­dende kers voor haar oop gasstoof gelos in ’n poging om die huis af te brand.

Op 14 Maart is die seun en sy oom lewenslange tronkstraf opgelê.

In Mei vanjaar wou die twee ook teen hulle straf appelleer, maar hierdie aansoek het ook misluk.

Die saak het voor regter Elize Steyn gedien. – Netwerk24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters