28 dae gelede
Antie ook weg
HARTSEER: Nellie van Rooi troos Marie van Rooi se suster, Charlotte Keith.  ~ Peter Abrahams

URE nadat ’n vrou haar oom begrawe het, is sy doodgery.

Saterdag was ’n dag van verskriklike hartseer vir een familie. Eers het hulle Jan van Neel (82) begrawe, en kort daarna het Marie van Rooi (60) gesterf.

Van Rooi, ’n ma van vyf, het Vrydag heelpad uit Kakamas gekom om afskeid te neem van oom Jan.

Dié familie sou Sondag weer huis toe gaan, maar toe tref die tragedie hulle.

Volgens Cindy van Neel, ’n familielid, het sy Van Rooi en haar suster ná die begrafnis na hulle huis in Wallacedene, Kraaifontein, geneem.

Cindy sê sy het stilgehou in die oprit van die plek waar Van Rooi tuisgegaan het. Die neighbour moet dieselfde oprit gebruik om by sy huis uit te kom.

Volgens Cindy ry die neihgbour gereeld soos ’n padvark.

Cindy verduidelik wat gebeur het: “Hy het met sy bakkie agter my kom staan.

“Hy het kliphard gerev soos een wat op ’n resiesbaan is.

“Hy het aangehou totdat ek besluit het om die kar weg te trek.

“Maar voor dit het ek alreeds vir Marie afgelaai.

“Ek het toe my kar in die pad getrek.

“Ek was skaars uit die driveway, toe trek hy vinnig in.

“Skielik het ek die mense gehoor skreeu en na die bakkie toe gesien hardloop.

“Ek het uit my kar gespring en gesien Marie lê onder die bakkie.

“Hy het toe weer vorentoe gery – bo-oor haar – en wou weer reverse.”

Cindy vertel sy het onmiddellik in haar kar geklim en die ander familielede gaan haal.

Volgens haar was die bakkie toe in die man se jaart getrek en was hy nêrens te vinde nie.

“Die mense het gesê hy het hom aan die polisie oorgegee, maar toe ons daar kom, was hy nie daar nie.

“Ek verstaan hy was dikgesuip,” sê Cindy.

Van Rooi se suster, Charlotte Keith, sê hulle harte is stukkend en hulle het geen woorde nie.

Keith dink die neighbour is harteloos oor hy volgens haar nog nie eens kom jammer sê het nie.

“Ek kyk hom waar hy vanoggend werk toe stap.

“My suster is dood, maar hy kan nog rondloop.

“Hy was nog nooit hier by ons huis nie – net sy vrou,” vertel sy.

Cindy sê wat die seerste maak, is nadat die verdagte Dinsdag in die Blue Downs-hof verskyn het op ’n aanklag van strafbare manslag en roekelose bestuur, is hy vrygelaat.

Volgens haar het die mense omtrent gepaartie en geen berou getoon nie.

Van Rooi se lyk is gister Kakamas toe geneem.

Sy sal na verwagting volgende week daar begrawe word.

Son het die neighbour by sy huis try besoek, maar niemand was tuis nie.

Marie van Rooi

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters