22 dae gelede
Aktivis neem saak verder
wil help: Billy Claasen sien rooi oor die plaaswerker se dood. Foto: Basil Davids  ~ 

ASHTON. – Die familie van Duane Fortuin (29) gaan eindelik hulp kry.

Fortuin (26) is onlangs dood nadat ’n boer hom na bewering aangerand het.

Billy Claasen, uitvoerende direkteur van die Rural and Farmworkers Development Organisation, het in Son gelees oor Fortuin se dood en besluit om hulp te verleen.

Claasen het die familie einde laas week in die dorp kom besoek en hulle moed ingepraat ná hulle verlies.

Hy het aan Son gesê hy was al by ’n soorgelyke geval betrokke.

Volgens hom is ’n plaasboer destyds vir die moord aangekla, en vandag dien die man ’n life sentence uit.

Toe Claasen die nuus met Annie, Duane se ma, deel, was daar groot verligting.

Kort ná Claasen se besoek aan die familie het hy die plaaslike cop shop besoek.

Hy het met die stasiebevelvoerder, Jeff Lekay, ’n meeting oor die voorval gehad.

Volgens Claasen het hy aan die bevelvoerder gesê hy hoor die betrokke boer het baie klagte teen hom, maar dit is nooit opgevolg nie.

Lekay het Claasen meegedeel ’n ondersoek teen die boer is aan die gang.

Claasen het gesê dis skokkend dat die sake nooit die hofrol gehaal het nie.

Hy het nou op die waarnemende provinsiale kommissaris ’n beroep gedoen dat dié dringend ingryp sodat die klagte teen die boer onmiddellik ondersoek word.

“Plaasboere moet nou ophou met hierdie soort aanvalle op plaaswerkers.

“Ons organisasie sal ’n oog op die ondersoek hou,” het Claasen gesê.

Vroeër is berig Fortuin is aangerand en vir dood gelos nadat hy en ’n vriend op ’n plaas pale gesteel het. Hy het in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

’n Moordklag word onder­soek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters