13 dae gelede
7 in selle ná tip-off
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images  ~ 

WORCESTER. – Sewe verdagtes tussen die ouderdom van 33 en 50 jaar is hier op ’n plaas gearresteer.

Op 5 Oktober het lede­ van die plaaslike teenbende- en nasionale Ingrypingseenheid ’n wenk opgevolg.

Daar is afgekom op 1 120 daggaplantjies, 24 vuurwapens, 5 449 patrone, ’n handgranaat en 2 hoogs plofbare brandkoeëls.

Landdroshof

’n Saak van versuim om vuurwapens te beveilig, die besit van plofstof, die verbouing van dagga-plante as­ook die besit van on­gelisensieerde vuurwapens en ammunisie is geopen.

Die verdagtes sal na verwagting eersdaags in die plaaslike landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters