16 dae gelede
12-Jarige veilig tuis
shariefa adams
Shariefa Adams is nadat sy sedert Vrydag vermis was nou veilig tuis.  ~ 

ROBERTSON. – DIE skoolkind wat al sedert verlede Vrydag vermis was is gevind en veilig tuis.

Shariefa Adams (12) se bekommerde ouma Elsie Adams (54) sê Shariefa het Vrydag nog voor skool vir haar lekkers gaan koop by ’n winkel nie ver van hulle huis nie en nooit teruggekeer huistoe nie.

Shariefa is ’n leerder aan die Primêre Skool Dagbreek, wat net ’n hanetree van haar ouma se huis af is.

Ouma Elsie se vrees was dat Shariefa moontlik ontvoer was.

“Dit is die eerste keer dat my kleinkind verdwyn. ’n Mens lees en sien die goeters op TV en ek is baie bekommerd,” vertel die ouma, voor haar kleinkind Woensdagaand gevind is.

Elsie sê Shariefa is nie ’n kind wat sommer netso sal wegloop nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters