12 dae gelede
11 beseer in ongeluk met 3 voertuie
CRASH: Die paramedici was gou daar. Foto: ER24  ~ 

ELF mense is Dinsdagoggend beseer in 'n ongeluk op die R101 buite Paarl waarby drie voertuie betrokke is.

Die voorval het om 07:45 plaasgevind.

Russel Meiring, ‘n ER24-woordvoerder, sê met hul aankoms op die toneel was die bakkie in die middel van die pad en die SUV en ligte voertuig langs die pad.

Terwyl nege passassiers op die toneel was, is twee mans in die bakkie vasgekeer.

Drie passassiers het ernstige beserings opgedoen en ag ander ligte beserings.

Die pasiënte is almal op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters