Nuus
4 jaar gelede

‘7DE LAAN’ KLINK NOU OOK SOMMER ANDERS

SUID-AFRIKANERS gaan nie meer daardie bekende tune hoor wat jou sê dis 18:30 en tyd vir 7de Laan nie.

Die ikoniese tune van die Soweto String Quartet is Maandag deur Danie Odendaal Productions ge-drop.

Die bekende openingstonele van sepia-getinte Melville-winkels het ook plek gemaak vir moderne winkelomgewings.

Hierdie veranderinge, wat ook ’n nuwe skrif vir die titel insluit, is deel van die veranderinge wat die SAUK middel verlede jaar voorgestel het. Dis deels gedoen om te help met die 15 jaar oue sepie se steeds groot, maar flat ratings.

Die sepie het reeds nuwe sets deur die loop van die jaar bekend gestel.

Die temaliedjie kon onveranderd bly toe dit net commission is.

Daar is tien jaar gelede oorweeg om die liedjie te verander, maar dit het soveel opslae gemaak daar is besluit om dit nie te verander nie. – Channel24

- Son
  • Son Op Sondag
  • Kompetisies
  • Multimedia
  • Soek