15 dae gelede
Studente staak by UWK
uwk
Studente aan UWK eis 'n oplossing vir uitstallige skuld en oor die verblyfkrisis op kampus.  ~ Anele Mfazwe

LESSE by die Universiteit van die Wes-Kaap is Woensdag weens voortlepende betogings tot aanstaande Maandag gestaak.

Studente eis oplossings vir uitstallige skuld en dat die verblyfkrisis op kampus ook opgelos word.

Stakende student het van die een gebou na die ander beweeg, om seker te maak dat daar geen klasse is nie. 

Registrasie by die tersiëre-instelling het ook tot 'n stilstand gekom. 

In 'n verklaring aan student sê die universiteit die bestuur het besluit om die akademiese program vir die res van die week uit te stel.

"Dit sal student, wie nog nie geregistreer het nie, instaat stel om dit te doen.

"Normale universiteitsaktiwiteite sal voortduur, alhoewel klasse opgeskort is.

"Klasse sal Maandag 10 Februarie 2020 hervat en meer inligting sal later bekend gemaak word." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters