2 maande gelede
Sonlanders is foodlovers
Yolande Jegels het met groente weggestap vir haar weergawe van Silent Night. Hier is sy saam met Natalie Koopman en Abubakr Francis.  ~ 

Sonlanders het Saterdag lekker by Food Lover’s in Parow gejol toe Son in samewerking met Food Lover’s hope pryse weggegee het, onder meer ’n microwave. Dit was so lekker, Son en Food Lover’s maak dié Saterdag sommer weer so – dié keer by Food Lover’s in Kuilsrivier – en daar’s net so baie pryse om te wen.

Mario Dickson, wat byna heeldag in die winkel was, is die wenner van ’n ysmasjien in een van die twee lucky draws. Lee-Ann Frank van Son wens hom geluk.
Sonlanders het vir groot en lekker morsige sports gesorg in ons koekeet-kompetisie.
Sonlanders het bewys ’n roomkoek is g’n match vir hulle nie in twee koekeet-kompetisies.
Son het oud en jonk vermaak. Xavier, Mikyle, Reeva en Zoe het hulle dans moves gewys. Agter hulle staan Lee-Ann Frank en Natalie Koopman van Son.
Foto:
Mercedes Mitchell is die eienaar van dié microwave, wat sy in een van die trekkings gewen het.
Yolande Jegels het met groente weggestap vir haar weergawe van Silent Night. Hier is sy saam met Natalie Koopman en Abubakr Francis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters