24 dae gelede
#KYK: Royals kuier in die Bo-Kaap
prins harry,meghan markle
Prins Harry en Meghan het Erfenisdag in die historiese Bo-Kaap deurgebring.  ~ Peter Abrahams

Prins Harry en vroulief, Meghan, het Erfenisdag 'n draai in die Bo-Kaap gemaak en nie net oor die geskiedenis en tradisie geleer nie maar selfs aan huis van Shaamiela Samodien vir koekies en tee gegaan.

Die hertog en hertogin van Sussex het Maandag in Suid-Afrika aangekom en hul besoek in Nyanga begin. Maandagmiddag het hulle Distrik Ses besoek.

Die koninklikes het Dinsdagoggend op Monwabisi-strand begin voor hulle die middag na Bo-Kaap is. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters